
=====================================================================
Woordeboeke gee leerproses woema (AV 7:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Woordeboeke gee leerproses woema

Michelle van der Merwe breek 'n lansie vir die aanleer van naslaanvaardigheid, wat in Suid-Afrikaanse skole afgeskeep word.

DIKWELS vra Afrikaanssprekendes: Bestaan daar 'n woord soos huidiglik in Afrikaans? Hoe spreek 'n mens liaison uit? Uit watter taal is 'n 
sekere woord afkomstig? Hoe spel 'n mens oorsese? S 'n mens mees suksesvolle of suksesvolste?

As 'n spreker woordeboekvaardig is, kan sulke probleme deur 'n woordeboek opgelos word. Daar is 'n magdom inligting in woordeboeke. 
Woordeboekgebruikers moet onderrig word in naslaanvaardighede om di inligting ten volle te kan ontsluit. Naslaanvaardighede kan met 
volgehoue oefening aangeleer word en op skool deur onderwysers ingedril word.

Woordeboekonderrig is noodsaaklik, aangesien:

*  sekere inligting telkens misverstaan word deur gebruikers;
*  sekere inligting baie minder deur gebruikers benut word as wat deur leksikograwe verwag word;
*  baie woordeboekgebruikers 'n blinde geloof in woordeboeke het en nie kan glo dat daar foute voorkom nie;
*  baie gebruikers nie verskillende soorte woordeboeke en hul onderskeie funksies ken nie.


Tans word geen voorsiening gemaak vir woordeboekonderrig in Suid-Afrikaanse skole nie. Ook in die verlede was dit die geval. Daar word 
slegs in sillabusse gemeld dat leerders algemene naslaanbronne moet kan gebruik. Woordeboekgebruik of woordeboeknaslaanvaardighede word nie 
as sodanig vermeld nie. Dit is 'n rede waarom handboeke geen inligting of oefeninge bied oor woordeboekgebruik of strategie om 
woordeboekgebruik met taalaanleeraktiwiteite te integreer nie. Hierdie ongewenste situasie lei daartoe dat baie opvoeders woordeboekgebruik 
as minder belangrik as die taalaanleerproses en die taalonderrigprogram beskou.

Van die uitkomste wat met woordeboekonderrig bereik kan word, is onafhanklike leeraktiwiteite. In 'n veeltalige land soos Suid-Afrika moet 
taal as inligtingsbron tussen gemeenskappe beklemtoon word, en met die korrekte gebruik van veral vertalende woordeboeke kan hierdie 
uitkomste bereik word.

Woordeboeke is waardevolle instrumente in taalonderrig. Leerders en studente kan hul taalvaardighede verbeter deur woordeboeke te ken en te 
gebruik. Opvoeders behoort 'n positiewe houding teenoor die gebruik van woordeboeke te kweek en leerders aan te moedig om woordeboeke aan 
te skaf en te gebruik. Woordeboeke kan ook as instrumente vir leerders dien om hul eie vordering en selfstandigheid te meet. Sodra 'n 
leerder 'n woordeboek onafhanklik kan gebruik en die korrekte inligting vind, weet die leerder en opvoeder dat daar reeds 'n sekere mate 
van vordering is. Wanneer 'n leerder byvoorbeeld in 'n redelike mate 'n tweede taal baasgeraak het, is dit vir hom makliker om 'n 
woordeboek oor di taal te raadpleeg as in die begin toe die taal aangeleer is.

Die leer van woordeboekvaardighede hang tans heeltemal van die gesindheid van die opvoeder af. Opvoeders het self nie tydens hul skool- en 
onderwysopleiding onderrig in woordeboekvaardighede ontvang nie. Hulle besef dus dikwels nie die noodsaaklikheid daarvan nie. Baie 
opvoeders staan gevolglik apaties teenoor woordeboekgebruik. Deeglike woordeboekonderrig kan slegs plaasvind indien behoorlike 
onderwysersopleiding in di verband plaasvind. Dit is 'n saak wat dringende aandag van die onderwysowerhede moet geniet.

In die Suid-Afrikaanse situasie van veeltaligheid is taalonderrig baie belangrik. Indien 'n kind goed in sy moedertaal onderrig is, word 'n 
goeie basis vir woordeboekgebruik gel. Indien woordeboekgebruik in die klas onderrig word, word 'n goeie basis vir die aanleer van 'n nuwe 
taal geskep.

Vanaf die primre fase moet leerders bewus gemaak word van die probleemoplossende potensiaal van woordeboeke, sodat woordeboeke lewenslank 
gebruik sal word. Sodoende word 'n woordeboekkultuur en ook 'n volgehoue leerproses gevestig. Leerders en studente moet aangemoedig word om 
onafhanklik van 'n opvoeder naslaanwerk te kan verrig.

Woordeboekgebruik moet op 'n interessante en kreatiewe wyse onderrig word, sodat die gebruikers positiewe ervarings met woordeboeke het.

Dit sou verstandig wees om die taalgemeenskap te vra wat hul behoeftes ten opsigte van woordeboekonderrig is. Dit kan gedoen word deur met 
skoolrade, skoolhoofde, opvoeders en leerders te konsulteer.

Woordeboek- en taalonderrig kan ook suksesvol gentegreer word. Nuwe woordeskat, korrekte woordkeuse, die oefen van 'n korrekte uitspraak 
en die uitbreiding van die woordeskat kan met behulp van woordeboeke aan leerders geleer word. Die volgende aktiwiteite kan byvoorbeeld 
uitgevoer word - die doelwit tussen hakies verskaf:

*  Leerders kan die betekenis van onbekende woorde raai, hulle aan die klas verduidelik, woorde oor 'n bepaalde tema versamel, woorde 
groepeer en nuwe woorde neerskryf (nuwe woordeskat).
*  Leerders kan die woordkeuse in verskillende situasies bepaal, die korrekte register en vlak van formaliteit kies (korrekte woordeskat).
*  Besluit of klanke dieselfde of verskillend uitgespreek moet word, klanke laat rym, nuusberigte lees en sillabes beklemtoon (die oefen 
van korrekte uitspraak).
*  Teenoorgesteldes naslaan, die figuurlike betekenis en afleidings van gegewe woorde vind (uitbreiding van woordeskat).


Met byvoorbeeld die HAT se CD-Rom (elHAT) kan 'n nuwe dimensie aan woordeboekonderrig verleen word, veral vir die leerders wat toegang tot 
'n rekenaar het. Naslaanvaardighede kan op die rekenaar geoefen word en leerders kan geleer word om inligting uit die program te onttrek. 
Leerders moet aangemoedig word om dit tydens hul woordverwerking op die rekenaar te gebruik.

Die woordeboekkultuur van 'n gemeenskap kan ook benvloed word deur berigte in die media, byvoorbeeld resensies of toeligting van 
woordeboeke en hul inhoud. Tersire leksikografienavorsing kan 'n sleutelrol speel om woordeboeke toeganklik vir die gemeenskap en 
gebruikersvriendelik te maak. Dit sal beteken dat sekere leksikografiese aanpassings gemaak word om aan die gemeenskap se behoeftes te 
voldoen en dt kan lei tot beter woordeboekgebruik en woordeboekopstelling. Dr. Michelle van der Merwe is verbonde aan die Boland Kollege 
op Stellenbosch.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7321.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Julie 2000 /// Om vir moedertaal te stry of nie (AV 7:3) /// Terugblik 
op die grootste kunstefees (AV 7:3) /// Vlytige voorstander van veeltaligheid (AV 7:3) /// Forum vir openhartige debat (AV 7:3) /// Komrij 
blues (AV 7:3) /// Afrikaans as skakel na die buiteland (AV 7:3) /// Groot tjek vir stoepplesier (AV 7:3) /// Nuwe hoop vir ongeletterde 
plaaswerkers (AV 7:3) /// Behou diversiteit in globaliseringsproses (AV 7:3) /// Vennootskap van inheemse tale is prioriteit (AV 7:3) /// 
Carl Niehaus het in Nederland gebou (AV 7:3) /// Vele koppe maak puik planne (AV 7:3) /// ET blues (AV 7:3) /// Nuwe speler op die taalveld 
(AV 7:3) /// Talle faktore gryp in universiteitstaal in (AV 7:3) /// Tussen Scylla en Charybdis deurvaar (AV 7:3) /// Ver gemeenskappe se 
leiers leer sakevernuf (AV 7:3) /// Hansie blues (AV 7:3) /// Twee letterkundiges in gesprek (AV 7:3) /// 'n Bloeityd in die reklamebedryf 
(AV 7:3) /// Woordeboeke gee leerproses woema (AV 7:3) /// Nuwe toevoeging tot woordeboeklys (AV 7:3) /// Twee Koreane verstaan toe 
Afrikaans (AV 7:3) /// Studente wil in Afrikaans feesvier (AV 7:3) /// Afrikaans word in toneelwreld nuut gespel (AV 7:3) /// Jou 
Afrikaans is redelik goed! (AV 7:3) /// Privaatgesprek (AV 7:3) ///

